Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die
groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son.
Op Kylemore wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar-
man wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se
dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet
sorg dat die saad nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val
nie, want plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las.
Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech
vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar
pad voel-voel baan deur die stank van dié regime.
Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én ’n aards-poëtiese ontginning
van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Dié debuut spruit uit ’n cum laude-
meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en
Willem Anker.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!