Dis iewers in die nabye toekoms. Kolonel “Rooipiet” Moolman se
lieflingprojek is die jaarlikse Versoeningsfeesopvoering, ’n eietydse
weergawe van die Slag van Bloedrivier, wat by ’n inryteater boop
Welkom se mynhoop gehou word. Enkele seisoene tevore is ’n
merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die
destydse veldslag geneem is . . en dit wys drie engele teen die
oggendmis!
Net daar besluit Rooipiet dat die engele deel moet word van sy
toneelstuk. Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die
opvoering, en vanjaar is daar ’n spesiale engel wat almal se asem
wegslaan. Rooipiet is heimlik verlief op haar. Toe sy egter tydens die
kleedrepetisie oënskynlik vermoor word en die koperplaatfoto boonop
verdwyn, word Rooipiet se kultuurryk tot in die fondamente geskud.
En hiervandaan raak die intrige net méér interessant.
Weerlose meganika is ’n heerlik aweregse roman, sowel ryke
verbeeldingsvlug as skerp satire.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!