Die Uile vlieg weer is ’n paar jaar na die oorspronklike Uile-reeks
geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die
voetspore van hul ouers volg. Philip Senekal begin sy
hoerskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet
al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die
avonture wat op hom wag. Maar eers moet hy ook ’n Uile-bende stig.
Was sy pa dan nie die Groot Uil van die beroemde Uile-bende nie? En
hy is uitgeknip sy pa se seun. Groot is sy verbasing toe hy sy
kamermaat ontmoet – ene Jorsie Neethling, seun van ’n ou vriend van
sy pa. Een na die ander kom die seuns van die Uile op Kranskop aan.
Uiteindelik is die bende weer voltallig!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!