Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym!
Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en lek jou lippe af vir heerlike, eetbare Sjokoladeslym!
Al die projekte word met behulp van duidelike stap vir stap foto’s verduidelik. Vind ook in die feitekassies meer uit oor die wetenskap agter jou slymerige skeppings, en eksperimenteer met verskillende variasies van die resepte. Die nuutste aktiwiteitsgier vir kinders is klewerig, klouerig – en tonne pret. So, waarvoor wag jy – begin maak jou eie slym!
Al die slymresepte in die boek is boraksvry.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!