Hierdie boek wys jou hoe om 'n groot verskeidenheid dekoratiewe en
funksionele boksies en sakkies te maak, ideaal om vir geskenke te
gebruik, maar ook nuttig in die huis. Deur die gedetailleerde
aanwysings en stap-vir-stap foto's te volg, kan jy met gom,
fotoplakboekpapier, kartonvelle, lap, lint, kant, washi-lint,
tooisels of wat jy ook al beskikbaar het, self pragtige boksies en
houers maak. Leer om langwerpige, vierkantige, seskantige,
piramied-, ster-, hartvormige en vensterboksies te maak, of probeer
eenvoudige origami-boksies, koevertboksies en geskenksakkies maak.
Daar is boksies van verskeie groottes en vorms, en hulle kan vir
verskillende doeleindes benut word. Treffende volbladfoto's van die
voltooide projekte is nie net 'n lus vir die oog nie, maar gee ook
gebruiksvoorstelle. Die ingeslote patrone met vergrotingsmates maak
dit maklik om die boksies te skep.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!