|
Books > Children's & Educational > Leisure interests, hobbies & sport > Astrology, mysteries & the unexplained
|
Buy Now
Onverklaarbaar (Afrikaans, Paperback)
Price: R95
Discovery Miles 950
|
|
|
Onverklaarbaar (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
Price R95
Discovery Miles 950
Expected to ship within 4 - 6 working days
|
Ontdek van die tergendste geheime waaroor mense al dekades lank
kopkrap! Die mensdom het ’n fassinasie met monsters. Van die eeue
oue legendes oor dapper ridders wat vuurspuwende drake verslaan,
tot hedendaagse rillerflieks oor weerwolwe en vampiere. En selfs al
het die moderne wetenskap oor die jare logiese verklarings vir baie
van hierdie mites en legendes gevind, bly sommige verskynsels
steeds ’n raaisel ... Stappers in die Himalajas ontdek
reuse-voetspore wat dalk aan ’n onbekende aapmens behoort. Twee
kinders neem foto’s van feetjies in hul tuin. ’n Dokter beweer hy
het ’n vreemde monster in Loch Ness opgemerk – en hy het foto’s om
dit te bewys. ’n Karooboer sien ruimtewesens op sy plaas. Die
bemanning van ’n skip sien ’n seemonster naby Kaapstad. ’n
Spookmeisie gooi duim op die pad na Uniondale. Is daar logiese
verklarings vir hierdie tergende raaisels ... of is dit bloot
Onverklaarbaar? Hierdie boek beweer glad nie dat daar regtig iets
soos weerwolwe of zombies of ander vreemde verskynsels is nie. Maar
dit is nogtans interessant om uit te vind waar die bangmaakstories,
soos van mense wat snags in wolwe verander, vandaan kom, of hoe die
zombies wat ons deesdae in flieks sien, oor die jare verander het.
So, maak gereed om van aangesig tot aangesig te kom met die mites
en monsters wat al eeue lank mense laat kopkrap en hulle die skrik
op die lyf jaag ...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.