Ontdek watter belangrike rol Jesus in jou lewe speel.
Om saam met Jesus op pad te wees, is ’n wonderlike avontuur. God se kinders het die voorreg om elke dag van die jaar hulle Verlosser by hulle te hę.
In ’n Jaar met Jesus maak Jan de Wet Jesus se teenwoordigheid vir jongmense werklik. Hy stap saam met hulle deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring en stel hulle voor aan gewone mans en vroue met drome, oorwinnings en mislukkings. Hy gebruik Bybelkarakters soos Dawid, Petrus, Matteus en vele ander om prakties te wys hoe Jesus deur sy kinders werk. Maar die belangrikste is dat hy wys watter belangrike rol Jesus in dié karakters se lewens gespeel het.
’n Jaar met Jesus wys vir jongmense dat Jesus ons beste Voorbeeld is, want Hy is self die weg, die waarheid en die lewe.
Voorheen uitgegee onder die titel Wandel met Jesus.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Year with Jesus.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!