In die topverkoper,
Wenplan vir die lewe, het Jannie Putter oor strategiee om die uitdagings van die lewe te oorkom, geskryf. In
Koelkop skryf Jannie oor die invloed van die regte denke op sukses.
Deur reg te dink kry jy 'n voorsprong bo ander wanneer jy meeding of in situasies van intense druk verkeer. Vanuit sy vele ervarings as sportman, denke-afrigter en sportsielkundige, skryf hy oor die regte gesindheid, oor voorbereiding en vasberadenheid, oor wat om te doen as alles nie volgens plan verloop nie en oor hoe om vol te hou en voort te gaan wanneer jy misluk het. Jannie deel in elke hoofstuk 'n spesiale sleutel met sy lesers, wat die deure na sukses sal oopsluit, soos byvoorbeeld die belangrikheid van visie, wat insluit om van die begin af reeds die einde te kan sien. Met hierdie sleutel, skryf Jannie, is jou kans op uiteindelike sukses veel groter as daarsonder.
Koelkop is bedoel vir elke leser wat wil leer hoe wenners dink. Deur reg te dink kan elkeen sukses behaal, hetsy op die sportveld, voor die kameras of in die raadsaal.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!