Die Boereheldin Johanna Brandt, wat bekendheid verwerf het met haar
boeke Het concentratie-kamp van Irene (1905), The Petticoat
Commando (1913) en Die Kappiekommando (1913) was 'n merkwaardige
vrou, besonder intelligent en met sterk leierseienskappe en
buitengewone energie. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy
betrek in die spioenasienetwerk van die Transvaalse geheime diens
en haar woning word 'n skuilplek vir boerespioene. Vir 'n tyd lank
is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die
oorlog neem sy as predikantsvrou 'n leidende rol in die opheffing
van die verarmde Boerevrouens en help bou aan die geestelike
vorming van 'n nasionale bewussyn en die emansipasie van die vrou.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!