0
Your cart

Your cart is empty

Books > Biography > Literary

Not currently available

Andre P Brink en die Spel van Liefde - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R280
Discovery Miles 2 800
You Save: R70 (20%)

Andre P Brink en die Spel van Liefde - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)

Leon De Kock

 (sign in to rate)
List price R350 Loot Price R280 Discovery Miles 2 800 You Save R70 (20%)

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Andre P Brink En Die Spel Van Liefde is die heel eerste biografie van ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.

In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.

Die spel van liefde is ’n omvangryke biografie wat die leser ’n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens – oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met ’n groot aantal vroue – ’n onderwerp wat hy in sy memoir, ’n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes.

In hierdie biografie van ’n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit ’n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. Die spel van liefde is ’n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.

General

Imprint: Jonathan Ball Publishers SA
Country of origin: South Africa
Release date: May 2019
Authors: Leon De Kock
Dimensions: 240 x 160 x 42mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 496
ISBN-13: 978-1-86842-794-9
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Language & Literature > Biography & autobiography > Literary
Books > Language & Literature > Literature: history & criticism > Novels, other prose & writers > General
Books > Biography > Literary
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Books > Afrikaans > Biografieë
Books > Local Author Showcase > Biography > Literary
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography
LSN: 1-86842-794-3
Barcode: 9781868427949

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners