Hierdie verhaal van Leon van Nierop is ’n fenomeen wat oorspronklik die lig gesien het as radiovervolgverhaal (1979), toe ’n roman geword het (1983), daarna ’n televisiereeks (1985) – en nou word dit in Oktober vanjaar uitgereik as rolprent, die eerste “Boere-noir”.
Leon het self die draaiboek geskryf, en dít het hom geïnspireer om weer hierdie roman te skep! Dit is dus ’n totaal nuwe roman wat tot stand gekom het, met dieselfde geliefde karakters as destyds, maar geplaas in die hier-en-nou van hedendaagse Suid-Afrika.
Die mooi jong Sonja Daneel beland in Hazyview in ’n motorongeluk. Sy herwin haar bewussyn, maar ly egter aan geheueverlies. Sy herstel by die skouspelagtige Hotel Njala, en raak betrokke by die intriges en lotgevalle van ’n formidabele familie wie se lewens onlosmaakbaar verbind is aan dié onheilspellende hotel.
Voeg hierby geraamtes uit Sonja se eie verlede wat spoedig hul opwagting begin maak en die tafel is gedek vir ’n heerlike, spannende storie wat lesers nie sal kan neersit nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!