Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard. Dit
blyk dat hy so min as moontlik met dié rykmanskind en haar gesin te doen wil hê.
Jare later is Stella ’n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die
donkerkop narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie. Asof hy iets het om aan
die wêreld – en mense soos Stella se gesin – te bewys.
Stella wil op haar eie voete staan en so gou moontlik onafhanklik van die
Swift-miljoene funksioneer. Ongelukkig tref die een na die ander terugslag dan
haar gesin.
Haar jarelange vriend, Tiaan Rademeyer, glo dat hy en Stella bymekaar
hoort. Boonop is daar ’n vasberade fisioterapeut wat haar oë én drome op Arend
gevestig het.
Het die noodlot net besluit die twee dokters se lewenspaaie mag nooit kruis
nie, of kan hulle te midde van al die chaos en teleurstelling steeds vrede en geluk
in mekaar se arms vind?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!