Vanaf die oomblik toe die baba daar aankom, is dit duidelik hy is
die baas. Hy rig sy kantoor in die middel van die huis in en Ma en
Pa word onmiddellik op ’n vier-en-twintig-uur-werkprogram geplaas.
Vergadering na vergadering word bele – party in die middel van die
nag. Baas Baba is veeleisend en puntenerig en niemand waag dit om
hom tee te gaan nie. Tot op ’n dag. Hy roep ’n vergadering uit,
maar sy personeel reageer nie. Hy bespied sy omgewing, staar na sy
werkers en frons. Kan dit wees? Dis tyd om iets heeltemal anders te
probeer … Baas Baba is ‘n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders
en ouers mal sal wees!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!