Die werkboek is ontwikkel volgens die vereistes van die Kurrikulumen
assesseringsbeleidsverklaring.
Aandag word gegee aan woordeskat wat die kind hardop moet herhaal sodat
dat die kind teen die einde van die grondslagfase vlot kan praat en
gegradeerde leesstof in Afrikaans kan lees. Die werkvelle en
oefenbladsye, wat die kind saam met die praatwerk moet doen, bied
geleentheid vir inoefening en inskerping. Die inhoudsopgawe dui ook
duidelik aan tydens watter week die betrokke aktiwiteit voltooi moet
word om die stelselmatige progressie van vaardighede aan te leer.
Hierdie temagerigte werkboek bevat:
- werkvelle.
- oefenbladsye wat dien as skriftelike vaslegging van nuwe
woordeskat en die mondeling klankaktiwiteite.
- ’n klompie prettige speletjies om temawoordeskat te oefen.
- klankkaarte wat die kind teen die derde kwartaal vir
diskriminasie van klanke en woordbou nodig het.
- voetnotas wat leiding aan die opvoeder verskaf hoe om elke
aktiwiteit saam met die kind aan te pak.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!