Michaela DePrince was ’n driejarige oorlogwesie in Sierra Leone toe sy op ’n dag ’n windverwaaide tydskrif optel met die foto van ’n glimlaggende ballerina op die voorblad. Daardie dag het haar obsessie met ballet begin. Sy het haarself daar en dan voorgeneem sy sou eendag ook so gelukkig soos die vrou op die foto wees.
Sy is kort daarna deur ’n Amerikaanse gesin aangeneem. Sy het egter nooit die foto van die ballerina vergeet nie. Toe haar nuwe ma bewus word van haar belangstelling in ballet het sy begin klasse neem. Sedertdien het sy nog nooit ophou dans nie en vandag is sy ’n hoogs suksesvolle ballerina. ’n Storie wat enige jong meisie (of seun) sal inspireer om groot te droom.
Die boek is die geïllustreerde kinderboekuitgawe van DePrince se roerende memoir, Hope In A Ballet Shoe. Die kleurvolle illustrasies is deur Ella Okstad.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!