Hierdie boek oorbrug die gaping tussen kuns en handwerk en
verduidelik maklike hand-werk-tegnieke wat enigeen kan gebruik om
oorspronklike kunswerke te skep. Leer hoe om op 'n verskeidenheid
oppervlakke met enigiets van die tradisionele akriel- en olieverf
tot kraakvuller, sement en sand moderne blok-kuns te skep.
Treffende foto's van al die voltooide projekte, vergesel van
duidelike stap-vir-stap aanwysings en nabyskote, wys jou hoe en sal
die sluimerende kunstenaar in jou laat ontwaak. Benewens die
onweerstaanbare projekte, is daar inligting oor basiese tegnieke,
kleur, tekstuur-mediums, kleefmiddels, oplosmiddels, afwerkings en
verseelmiddels, asook 'n nuttige woordelys van tegnieke en
apparaat. Die boek bevat die gewildste projekte uit Kitskuns,
Slimkuns en Blitskuns.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!