Merke, gereed, maak! In hierdie boek word nie net tradisionele
kunsmateriaal nie, maar sommer ook niksbeduidende weggooigoed
ingespan om pragtige geskenke en kreatiewe huisversierings te maak.
Daar’s genoeg verskeidenheid om bedrewe handwerkers en
entoesiastiese nuwelinge se aandag te hou – en al die projekte kan
aangepas word om by jou eie kreatiwiteit, vaardigheid, smaak en sak
te pas. Stap-vir-stap-aanwysings met duidelike foto’s, slim
variasievoorstelle en handige handwerkwenke maak dit die ideale
boek om vakansieverveling hok te slaan – of opnuut die kunstenaar
in jou wakker te maak. Boonop bied die “7x7-blitsgids” jou hope
idees oor hoe om in ’n japtrap die ideale geskenk of mooimaakding
vir ’n vriendin, familielid of jouself op te tower.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!