In My gunsteling-resepte deel sy haar lieflingresepte - van die
eenvoudige botterbroodjies en gemmerbier wat sy jare gelede by haar
ma leer maak het, tot watertandlekker beesstert, gebakte pere met
kaneel en room en ander heerlikhede wat sy op pad na die
MasterChef-finale ontwikkel het. Al die resepte, van smullekker
souse en doopsouse, verleidelike nageregte en maklike
eenskottelgeregte tot tradisionele gunstelinge en gesofistikeerde
samesmeltings, word gekenmerk deur haar eiesoortige kombinasie van
geure en bestanddele. Lieflike volbladfoto's van die voltooide
geregte sal enigeen se mond laat water en aanspoor om sommer
dadelik die resepte op die proef te stel.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!