Nou vir die eerste keer in Afrikaans, ’n verwerking van Born a
Crime and Other Stories – die Suid-Afrikaanse en New York
Times-#1-topverkoper. As my ma een doel voor oë gehad het, was dit
om my verstand te bevry. My ma het soos ’n grootmens met my
gepraat. Sy het gedurig vir my stories vertel, vir my lesse geleer,
veral lesse uit die Bybel. Sy was mal oor Psalms. Ek moes elke dag
Psalms lees. Sy het my agterna gepeper met vrae daaroor. ‘Wat
beteken daardie gedeelte? Wat beteken dit vir jou? Hoe kan jy dit
in jou lewe toepas?’ So het dit elke dag van my lewe gegaan. My
ma het gedoen wat die skool nie kon doen nie. Sy het my geleer hoe
om te dink.” Trevor Noah het in Suid-Afrika grootgeword met ’n
swart Suid-Afrikaanse ma en ’n wit Switserse pa – in ’n tyd
toe dit teen die wet was vir ’n kind van gemengde rasse om te
bestaan. Maar Trevor het bestaan. In Teen die reëls vertel hy van
sy grootwordjare. Die stories wat hy in dié boek vertel, sal jou
laat lag, huil en jou vol verwondering en inspirasie laat, terwyl
jy dié ondeunde seuntjie met sy vlymskerp brein en humorsin leer
ken. Teen alle verwagtinge in, en danksy sy ma se onfeilbare liefde
en geloof in hom, het Trevor hope struikelblokke oorkom om vir hom
’n belowende toekoms te skep.
General
Imprint: |
Pan Macmillan
|
Country of origin: |
South Africa |
Release date: |
May 2023 |
Authors: |
Trevor Noah
|
Dimensions: |
15mm (H) |
Pages: |
192 |
ISBN-13: |
978-1-77625-194-0 |
Categories: |
Books
|
LSN: |
1-77625-194-6 |
Barcode: |
9781776251940 |
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!