|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang.
Lizelle het nie avontuur verwag toe sy een middag tydens haar
Desembervakansie buite Stina’s Café vir die koerant gewag het met
sambaksalf en ’n pakkie sigarette in die hand nie. Niks gebeur dan ooit
in hierdie kurkdroeë klein Karoodorpie waar sy nou sit te danke aan
haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer nie.
Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal
se tuine steek iets baie meer onheilspellend weg – iets wat haar een
aand aanval!
Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat
aangaan. Die koster en sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so
ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die
dorp vermy word.
Sy is net glad nie voorbereid vir wat sy vind nie.
Drake ... in die Karoo.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.