|
|
Showing 1 - 10 of
10 matches in All Departments
Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste – en gee ook aandag aan sy minder bekende – gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer.
Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds ’n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand.
Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.
Kitaar my kruis is vir die eerste keer in 1962 deur H.A.U.M. gepubliseer, en die tweede uitgawe het sewe herdrukke beleef.
Small se identifikasie met sy karakters vind neerslag in sy gebruik van Kaaps – volgens hom ’n volwaardige taal waarin mense hul eerste skreeu en hul laaste doodsroggel gee. Wat in heelparty gedigte opval, is die gebruik van refreine en herhaling, wat as ’t ware die gemeenskap se vrese waarskuwings en aanklagte van die tyd eggo (Van Wyk, 2006). Verder is daar ’n sterk Ou Testamentiese inslag, maar ook talle verwysings na die geboorte en wederkoms van Christus.
Volgens Steward van Wyk word dié gegewe op die lotgevalle van onderdruktes van toepassing gemaak, oa die geskiedenis van Moses en die Israelitiese volk onder Egiptiese slawerny: Soos Moses met sy staf, moet die digter met sy kitaar sy mense lei, maar omdat die taak so moeilik is, word die kitaar ironies ook sy kruis.
Na sewe jaar word 'n gevreesde bendeleier 'Map' Jacobs op parool
vrygelaat en op almal se lippe ontstaan die vraag: het 'Map'
verander, of is hy steeds die ou 'Map'? Die drama speel af na die
gedwonge verskuiwings vanuit die Kaap na die Vlaktes en belig ook
die invloed wat sosiale en maatskaplike euwels op die gemeenskap
het. Dit gee ons 'n blik op die leefwyse van die ontworteldes, hul
lief en leed en sommige se desperate hunkering na 'n beter bestaan.
Hierdie keur uit al vyf Afrikaanse digbundels van Adam Small gee 'n
beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse
letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar My
Kruis en Se Sjibbolet. Die keur weerspieel deurgaans Small se
meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse
werkersklasmense. Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie
en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe
ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral
sy aanwending van Kaaps waaroor hy in die naskrif by Kitaar gese
het: "Kaaps is 'n taal ... 'n taal waarin mense hul eerste skreeu
skreeu en hul doodsroggel roggel."
This drama, a lyrical and dreamy but at the same time searingly
painful piece about reminiscence and injustice, was written in
1978, in the heyday of apartheid and two years after the Soweto
uprising. It has been staged several times, but this is the first
time it has been published. It is essentially a piece of resistance
theatre, but its artistic strength and lasting relevance lie in the
way it demonstrates how painfully intimate resistance and loyalty
are entangled. The orange earth is regarded as Small’s most
personal literary work; he himself described it as a fictionalised
autobiography. The title of the text is in fact the name of the
hamlet near Robertson where Small grew up. The drama tells the
story of a coloured man who plants a bomb in a supermarket and is
then prosecuted and jailed for this deed of terror. During the
trial and in his prison cell he has an on-going conversation
through flashbacks with the past, specifically the key moments that
determined his identity and his resistance. The climax of the drama
is a conversation – a confrontation – in the prison cell in which
the detainee, his wife and his father, as well as the Afrikaans
warden, participate. This climax revolves around the perception
that the captive and warden are separated but also joined by that
which determines their respective identities. What is at stake is
our language, our church, our land. It is therefore very
significant that this drama, originally written in English, is now
being published in Afrikaans. The writer’s protest against his
subjugation by his language compatriots hereby becomes confirmation
of a fundamental loyalty.
Ná veertig jaar is daar weer 'n Afrikaanse digbundel deur Adam
Small. Ná Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief
net in Engels begin dig, en ná sy drama Krismis van Map Jacobs
(1983) het sy skrywerstem stil geword. Daar was altyd die vermoede
dat hierdie stilte grootliks toegeskryf kon word aan die verwerping
wat hy aan die hand van taalgenote ervaar het. Verlede jaar is die
Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie
net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat
in 1978 in Engels geskryf is. Small gee in die titelgedig van die
bundel te kenne dat Klawerjas 'n uitvloeisel is van 'n
bestaanswyse, 'n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde
van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog
woorde het “wat aftas teen die mure van ons donker kamers van
bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig”. Hy voeg sy
stem by Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis
anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed. Hy
dig in dié bundel: “Daar’s dié van ons wie nie sonder / poësie kan
leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese /
golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord.” Maar wat hy
vir homself toe-eien gun hy ook ander. Sy poësie is dan juis ook
gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: “Daarom is dit vir
'n digter nodig / om telkemale 'n vers publiek / die lig te laat
sien, poësie toeganklik / te maak, en mense so te dien - soos /
hierdie gedig-vol-dankbaarheid . . .” Hoewel hy in hierdie bundel
in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander
kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem
is “vir gewoon-intelligente mense” en dat dit “hoegenaamd nie 'n
vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie”.
Klawerjas bevat gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe
oortuiging en 'n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes.
Dit is praatverse wat getuig van 'n fyn oor vir die musikaliteit
van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld
opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.
|
You may like...
The Northman
Alexander Skarsgard, Nicole Kidman, …
Blu-ray disc
(1)
R337
Discovery Miles 3 370
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R367
R340
Discovery Miles 3 400
|