0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 1 of 1 matches in All Departments

Die Groot Trek - Verlos Van Britse Heerskappy: Eksodus Van Die Boere Uit Die Kaapkolonie, 1836 (Afrikaans, Paperback): Robin... Die Groot Trek - Verlos Van Britse Heerskappy: Eksodus Van Die Boere Uit Die Kaapkolonie, 1836 (Afrikaans, Paperback)
Robin Binckes, Adri Kotze
R355 R328 Discovery Miles 3 280 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

In die vroee beplanningsfase van die Vryheidspark was Robin Binckes `n lid van die subkomitee oor geskiedenis. Die mate van debatvoering en bespreking - meestal heftig - het Binckes verstom. So te se elke bespreking is uit presies die teenoorgestelde siening vertolk. Een van die mees omstrede onderwerpe was die Groot Trek, die Boere se eksodus uit die Kaapkolonie in 1838. Skrywers oor die onderwerp het tradisioneel die gebeure nie net uit die perspektief van "wit geskiedenis" benader nie, maar hoofsaaklik uit die van "Afrikanergeskiedenis". Dit is nog altyd gesien as `n "Afrikanergebeurtenis", maar dit was allermins. Die Groot Trek en die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het, het elke deel van die samelewing betrek - Zulu, Sotho, Ndebele, Xhosa, Khoisan, Khoikhoi, Bruin, Brits, Engelssprekende Suid-Afrikaner en Boer - en dit is tyd om die trek in daardie lig, in die konteks van `n onbevooroordeelde, moderne Suid-Afrika, uit te beeld. Soos wat gewoonlik die geval is in geskiedenis, hou al die gebeure verband met mekaar. Dit is onmoontlik om die Groot Trek te skei van gebeure wat terugstrek tot by die Portugese ontdekkingsreisigers, aangesien daardie vroee verwikkelinge die agtergrond geskep het vir die redes vir die Groot Trek. Die meeste skrywers het op die trek self gefokus terwyl Binckes `n bree benadering gevolg het wat die impak van die vroeere wit invalle en migrasies - Portugees, Hollands, Frans en Brits - op suidelike Afrika bestudeer. So kan die trek en die oorsake daarvan beter verstaan word. Waar moontlik het Binckes die weergawes van ooggetuies gebruik en dit bevestig met die perspektiewe van vooraanstaande geskiedkundiges. Die eindproduk is `n objektiewe en omvattende rekord van een van die seminale gebeure in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hierdie boek toon dat die Afrikaner `n belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse gemeenskap is, was en altyd sal wees - maar dit beeld die Afrikaner ook uit as deel van `n groter prentjie. Die skrywer distansieer hom van die karakters wat die afgelope twee eeue as edel gestereotipeer is en beeld hulle lewensgetrou uit: wonderlike, heldhaftige mense met menslike gevoelens, sterk punte en tekortkominge.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loss - Poems To Better Weather The Many…
Donna Ashworth Hardcover  (1)
R288 R262 Discovery Miles 2 620
Republic Of Dogs/Republic Of Birds 2020
Stephen Watts Paperback R303 Discovery Miles 3 030
Home Body
Rupi Kaur Paperback  (1)
R347 R318 Discovery Miles 3 180
Border Crossings - Travel Essays and…
William Graham Paperback R368 Discovery Miles 3 680
Life - Poems To Help Navigate Life's…
Donna Ashworth Hardcover R250 R227 Discovery Miles 2 270
Revolutionary Letters
Diane Di Prima Paperback R400 R363 Discovery Miles 3 630
Seasons Come To Pass - A Poetry…
H. Moffett Paperback  (5)
R463 Discovery Miles 4 630
The New Century of South African Poetry
Michael Chapman Paperback R280 R250 Discovery Miles 2 500
You Better Be Lightning
Andrea Gibson Paperback R395 R365 Discovery Miles 3 650
Love - Poems To Bolster Every Heart That…
Donna Ashworth Hardcover R250 R227 Discovery Miles 2 270

 

Partners