Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Nadat ’n bemoeisieke tante haar neus in haar sake steek, begin Nian teësinnig ’n nuwe pos by die familiesaak Durandt Ingelyf. Sy stamp egter dadelik koppe met die knorrige grootbaas… Reese Durandt moet as uitvoerende hoof ’n voorbeeld aan sy personeel stel. Daar is ’n rede hoekom maatskappybeleid romantiese verhoudings tussen kollegas verbied. Nian vryf hom buitendien uit die staanspoor verkeerd op. Hoekom kan die twee dan nie ophou om aan mekaar te dink nie? En wat voer daardie rooikopfeeks in Durandt se kantoor in die mou?
Ellie se eerste ontmoeting met haar nuwe buurman, Simon, is allesbehalwe aangenaam. Reeds met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy haar geliefde hond, Rudolf, van sy eiendom kom verwyder. Al hou hy nie van honde nie, voel sy steeds verplig om die nuwe intrekker touwys te maak op die dorp. Simon keer terug na Bloubaai na twintig jaar in Hollywood as ‘n suksesvolle draaiboekskrywer. Al wat hy wil hê, is om uitgelos te word. Na ’n morsige egskeiding wat in die openbaar afgespeel het, sal hy enigiets doen om sy privaatheid te beskerm. Maar Simon kom gou agter dat dit nie so maklik is om Ellie afgeskud te kry nie. Buitendien is hy nie meer so seker dis wat hy wil hê nie...
Sal hul vriendskap dit oorleef? Hulle is boesemvriende sedert kindsbeen en toe Erin besluit om 'n baba te kry, val haar keuse vir 'n skenker outomaties op Jay. In haar oë het hy die perfekte gene en tiek hy al die boksies van wat sy soek in die pa van haar kind. Maar Jay weier volstrek om haar te help. Hy het 'n vaste meisie en Erin is soos 'n suster vir hom. Buitendien dink hy sy is oorhaastig en moet eerder weer oor haar besluit gaan nadink. 'n Oorsese reis skep wantroue en kelder byna hulle vriendskap. Dit dwing hulle albei om selfondersoek te doen. Kan hulle mekaar ten volle vertrou met die waarheid?
Alma Carstens se eerste omnibus ... Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel. Kaapse draai: Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie. Tyd sal leer: Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees. Luca se obsessie: Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...
Vir Armin en Gia is dit liefde met die eerste oogopslag toe hulle op ’n
vlug tussen Dub ai en Londen ontmoet, maar die noodlot gryp in. Toe
hulle mekaar vyf jaar later weer op ’n vlug raakloop, is Gia getroud.
|
You may like...
Beauty And The Beast - Blu-Ray + DVD
Emma Watson, Dan Stevens, …
Blu-ray disc
R313
Discovery Miles 3 130
|