0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 1 of 1 matches in All Departments

J.C. Steyn en Afrikaans - 'n Viering (Afrikaans, Paperback): Angelique van Niekerk, Hennie van Coller, Bernard Odendaal J.C. Steyn en Afrikaans - 'n Viering (Afrikaans, Paperback)
Angelique van Niekerk, Hennie van Coller, Bernard Odendaal
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R646 Discovery Miles 6 460 Ships in 2 - 4 working days

Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende (Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap) Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige, taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig.

Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha (1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het.

Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping wat die ouderdom meebring.

Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal, asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding.

In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding tussen outeur en karakter in die biografie, kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van die narratologie en genre.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Avatar - 3-Disc Extended Collector's…
James Cameron Blu-ray disc  (1)
R531 R358 Discovery Miles 3 580
Beguiled by Night - A Vampire Tale
Nicole Eigener Paperback R536 Discovery Miles 5 360
Main Street
Andrew McCarthy, Ellen Burstyn, … DVD  (1)
R108 Discovery Miles 1 080
Flying Angels
Danielle Steel Paperback R404 Discovery Miles 4 040
Damages - Season 1
Glenn Close, Rose Byrne DVD  (2)
R129 Discovery Miles 1 290
Stir Crazy
Gene Wilder, Richard Pryor, … DVD  (1)
R196 R159 Discovery Miles 1 590
Unforgotten - Season 4
Sanjeev Bhaskar, Nicola Walker DVD  (1)
R498 R333 Discovery Miles 3 330
The Guardians of Oz
DVD R76 Discovery Miles 760
Dancing The Death Drill
Fred Khumalo Paperback  (10)
R300 R277 Discovery Miles 2 770
Vera - Season 10
Brenda Blethyn DVD R545 R485 Discovery Miles 4 850

 

Partners