![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments
Lily, pas geskei en nie meer ’n skilder nie, het gegaan van galerykurator tot ontwerper by Exotic Tattoos in Vishoek. Sy is ’n groot Tretchikoff fan, wat sy nie by Galerie Zeitgeist hardop kon sê nie. Dan ontmoet sy haar Russiese buurman. Voor jy “Tretchi” kan sê, sit sy met ’n kosbare vrag op ’n vlug Kazakstan toe. Sy kry g’n enkele Tretchikoff daar nie, net ’n verwarrende soen. Terug in Vishoek begin sy weer skilder, want môre kom dalk te laat.
Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou. Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is – nonsens. Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir ’n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis ’n uitstekende reëling – pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerhande lekker dinge aan haar lyf. Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart gaan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?
In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na Skamanga verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia daar hê nie. In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk ná hul rampspoedige eerste ontmoeting. In Geërfde liefde moet Nikki Swart noodgedwonge op Kapisya boer. Jan, die mede- erfgenaam, maak die lewe egter vir haar onuithoudbaar.
Drie sexy, sensuele en romantiese verhale deur drie gewilde skrywers: Anderkant die volmaan deur Ettie Bierman, Bambi en die boef deur Anita du Preez en Victoriavalle van liefde deur Lizet Engelbrecht.
|
![]() ![]() You may like...
|