|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
Vir baie uitdagings en vraagstukke van die moderne lewe kon die
skrywer nie al die antwoorde in die Bybel kry nie. Sy besef dat die
wereld waarin ons vandag leef, radikaal anders is as die wereld van
ons oumagrootjies. Tong-in-die-kies vertrek sy op 'n spirituele
reis wat by die Oerknal begin. Sy beleef die vorming van die aarde,
die begin van lewe, evolusie, die ontstaan van Homo sapiens, en die
ontstaan van die spirituele bewussyn van die mens. Op pad kom sy
Zoroaster, die Boeddha, Jesus, Mohammed en Einstein tee. Haar reis
na die dieper betekenis van die lewe is uiteindelik 'n
intellektuele geskiedenis van die mensdom wat eindig by
globalisering, relatiwiteitsteorie en kosmologie. Sy kom tot die
ontdekking dat die simboliek van die Christendom behou moet word
maar dat nuwe betekenis daaraan gegee moet word; en dat dit gedoen
kan word deur onsself te leer ken.
Sylvia van der Merwe moet 100 ure gemeenskapsdiens doen, sy is
geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans
werk sy hard om die finansiele las vir haar enkelma en kleinboetie
te verlig. Dit is werelde verwyder van enkele maande tevore toe sy
nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as
skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie – haar hunk van ‘n
boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk
by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele
ander alternatiewe beroepe as medies. Wanneer haar kleinboetie
egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie,
moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir
haar se dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.
Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien
’n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as ons
niks hoef weg te steek nie? “Wat as ons vir mense alles van
onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s
maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en . . .”
“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op TikTok?” sê Assad.
“Of op Instagram?” Hy is seker reg. “Nee,” sug ek. Vier
tieners dra elkeen swaar aan ’n geheim. Tot die noodlot hulle op
’n vreemde pad saamgooi en hulle mekaar se lewens op magiese wyse
aanraak.
This book offers an accessible guide to understanding the
importance of a systems approach to embedding sustainability into
teacher education practice, providing a practical resource for
teacher education academics and others with an interest in
organisational change. It draws principally on the findings of a
12-year research project in Australia, working directly with
academics and their teacher education institutions to ensure that
sustainability and education for sustainability are embedded in
teacher education courses. Illustrating the need for change in
teacher education in the context of education for sustainability,
the book discusses the theory underpinning and practical
application of a system-based change model. It also offers examples
of how the model has been used in practice and shows education
academics how to implement change within their own organizations
and use the ideas and tools presented to advance sustainability in
their discipline areas.
|
|