|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
Ouma het vir Doortjie ’n pragtige rooi rok vir Krismis gemaak. Sy
is so opgewonde dat sy besluit om die rok sommer al ’n dag vroeer
aan te trek om water by die windpomp te gaan haal en haar skilpad
te voer. Maar toe die rok erg verniel, moet Doortjie dringend
planne beraam sodat Ouma nie agterkom sy het dit skelm gedra nie.
Kerneels is ’n agtjarige seuntjie met kortgeskeerde hare en ’n stukkende groottoon. Sy ma is ’n skoonmaakster by ’n winkelsentrum, en wanneer sy nagskof werk, moet Kerneels saamgaan. Hy trek dan sy pajamas onder sy klere aan, en sy ma maak vir hom ’n bed in die stoorkamer waar die skoonmaakgoed gebêre word. Dis vir Kerneels baie lekkerder by die winkelsentrum as by die huis. Hy kuier met oom Sol, die veiligheidswag, wat elke aand sy toebroodjies en frikkadelle met Kerneels deel, en hom leer van die Aandster en die Melkweg, Orion en die Skerpioen. Maar Kerneels wil weet of mens engele sal sien as jy in ’n regte vuurpyl na die sterre toe gaan, en op Oukersaand wil hy hê oom Sol moet die Betlehemster uitwys. “Ek dink hy het verskiet en in miljoene stukkies opgebreek,” sê oom Sol. “Elke stukkie het iewers in iemand se hart vasgesteek en help ons om mekaar lief te hê.”
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-, skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse geïntegreer en ontwikkel progressief. Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van leesvaardigheid. Daar is ook ‘n Onderwysersgids vir elke graad wat al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees suksesvol te beplan en aan te bied. Die Onderwysersgidse bied ook voorbeelde van werksvelle en assesseringstabelle. Vir Graad 1 en 2 is daar ook ‘n Handleiding vir liedjies en musiek en ‘n Oudio kassetband met musiek en sang beskikbaar, wat albei dien as versterking van die woordeskat en taalstruktuur wat in die storieboeke bekendgestel word, terwyl musiekvaardighede terselfdertyd verwerf word.
Eight-year-old Chris loves spending time with Uncle Sol, the
security guard. Uncle Sol teaches him about the Evening Star and
the Milky Way, Orion and the Scorpion. On Christmas Eve Chris wants
to know which star is the Star of Bethlehem. “I think it became a
shooting star and shattered into millions of tiny pieces. Every
little piece got stuck somewhere in someone’s heart and this helps
us to love one another,” Uncle Sol replies. When Chris wants to
know if you will be able to see an angel if you go to the stars in
an actual rocket, Uncle Sol just smiles. But on Christmas morning
he has a surprise for Chris. It is a message from an angel …
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R205
R168
Discovery Miles 1 680
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.