0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R481 Discovery Miles 4 810 View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Bladsak: Gr 10: Leerdersboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Henry October, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 10: Leerdersboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Henry October, Leon van Nierop, Heleen Stevens, Belinda Prinsloo
R453 Discovery Miles 4 530 View more sellers Ships in 5 - 10 working days
Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R422 Discovery Miles 4 220 View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.

Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk – ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

Bladsak: Gr 11: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Onderwysersgids - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R397 Discovery Miles 3 970 Ships in 4 - 6 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Bladsak Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur visuele geletterdheid maklik te kan onderrig aan die hand van 'n TV-sepie, Stories van Mandela-rylaan, wat spesiaal vir Bladsak verfilm is; 'n volledige antwoordsleutel vir elke episode te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Padkoswenke, Bladsak kosblik, die Taalgids en Letterkundegids. Ritse wenke vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied te gee; te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; bruikbare onderrigplanne vir elke episode, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n omvattende, formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel. Gratis visuele materiaal (plakkate) vir klaskamer gebruik op die DVD te voorsien. Ons weet hierdie reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Erotic Nude Art Photography 1
Daniel Bauer Hardcover R2,228 R1,805 Discovery Miles 18 050
1,000 + sudoku jigsaw 9x9 - Logic…
Basford Holmes Paperback R406 Discovery Miles 4 060
The Amazing Spider-Man
Stan Lee, Steve Ditko Paperback R760 R589 Discovery Miles 5 890
Sophia Parnok - The Life and Work of…
Diana L Burgin Hardcover R2,880 Discovery Miles 28 800
Paracord Outdoor Gear Projects
Joel Hooks Paperback R181 Discovery Miles 1 810
William Wordsworth: Intensity and…
Thomas McFarland Hardcover R1,231 Discovery Miles 12 310
Paracord! - How to Make the Best…
Todd Mikkelsen Hardcover R350 Discovery Miles 3 500
The South African Law Of Persons
Jacqueline Heaton Paperback  (7)
R1,280 Discovery Miles 12 800
Pure Living Light
David Bednall Sheet music R121 Discovery Miles 1 210
Patient 12A - A Memoir
Lesedi Molefi Paperback R370 R335 Discovery Miles 3 350

 

Partners