|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!
Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk?
Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak
Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans
te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van
"Mandela-rylaan se stories" kyk – ons eie TV-sepie en wat spesiaal
vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal,
verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening
gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale
situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste
lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en
ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky
onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister;
taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe
woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en
skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen;
deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en
Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde
aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles
wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal
met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat.
Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe
kurrikulum voorskryf! Bladsak Graad 11 het die wereld van
multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe
taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en
onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Eerste
Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun
die onderwyser se taak deur visuele geletterdheid maklik te kan
onderrig aan die hand van 'n TV-sepie, Stories van Mandela-rylaan,
wat spesiaal vir Bladsak verfilm is; 'n volledige antwoordsleutel
vir elke episode te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures
vir leeraktiwiteite in afdelings soos Padkoswenke, Bladsak kosblik,
die Taalgids en Letterkundegids. Ritse wenke vir doeltreffende
luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied te gee; te fokus op
kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer
funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; gepaste
inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te
bied volgens eietydse temas; bruikbare onderrigplanne vir elke
episode, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te
voorsien; 'n omvattende, formele assesseringsprogram vir graad 11,
asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering
voor te stel. Gratis visuele materiaal (plakkate) vir klaskamer
gebruik op die DVD te voorsien. Ons weet hierdie reeks gaan die
onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou.
|
You may like...
The Expendables 2
Sylvester Stallone, Jason Statham, …
Blu-ray disc
(1)
R64
Discovery Miles 640
|