![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments
Nicci de Wee hou haar lyf deesdae privaat speurder. Maar wat as sy ’n kans kry om die skurke wat Tom en Aynaz se dood veroorsaak het, aan die pen te laat ry? Wat as sy ’n internasionale sindikaat wat roof, verkrag en moor vir wins, kan vernietig? Vir so ’n geleentheid gaan sy tydelik terug polisie toe. Natuurlik betrek sy Blackie, Henk en Stella ook, maar dis nie sonder komplikasies nie. Haar span is dieper geraak deur die verlies van hul kollegas as wat hulle self besef. Boonop kom die skerpskutter terug wat hulle voorheen gehelp het. Maar is hy vriend of vyand? Hoekom word die name van mense, onmiskenbaar op ’n moordlys, so meedoënloos afgetik deur iemand met ’n koel kop en peperduur smaak in whisky? Vir Nicci voel dit of die roesagtige reuk van bloed haar agtervolg. En een slagoffer is wreder en meer obseen gemartel as die ander. Die plot knoop met elke kinkel stywer vas. Roosbome in die tuine van hooggeplaastes verberg die afgryslikste geheime. Voor hul oë neem mensehandel skrikwekkende afmetings aan. Nicci en haar span se opdrag is: vlek ’n internasionale sindikaat oop. Daarom moet hulle ’n lokval stel. Maar wie is aas? En wie bobaas?
Nicci de Wee is weer op die spoor van ’n nuwe booswig … en hierdie keer
is dit persoonlik. Een van haar eie spanlede, Stella, word vermis. Het
sy bloot op die ingewing van die oomblik weggegaan omdat sy ’n
blaaskans van alles en almal nodig gehad het, of is sy ontvoer? Nicci
kan nie die gevoel afskud dat Stella die nuutste slagoffer van die
diaboliese krimineel is wat talentvolle jong vroue in openbare plekke
teiken en hulle oënskynlik in die niet laat verdwyn nie.
Bettina is wyd bekend vir haar weeklikse rubrieke vir LitNet en as iemand wat opstaan vir reg en geregtigheid. Sy het haar 50 gunsteling-meningstukke gekies en sê: “My rubrieke is nie bedoel om net nog 'n eggokamer te wees waar mense nét dit weerspieël sien waarin hulle glo nie. Juis nie. Wat ek hoop om elke week te doen is om mense aan die dink en aan die gesels te kry.”
Vroue speel nog altyd 'n sentrale rol in ons samelewing. Hul rol as versorgers word erken, maar wat van oa in die kerk of sakewêreld? Het die vrou se rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen toeka en nou en Bybel en grondwet. Sy gaan kyk na die sogenaamde "text of terrors" en hoe die eerste vroue bygedra het tot die vryheid wat vroue vandag het in alle sfere van die samelewing geniet. Maak nie saak hoe stadig hul vorentoe beweeg nie, hul beweeg.
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan. Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme. Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak. In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding. Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet. Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei. Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.
Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe. Grietjie se geloof word getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref. “Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”
|
You may like...
Performing Care - New Perspectives on…
Amanda Stuart Fisher, James Thompson
Paperback
Die Braambos Bly Brand - Nie-teoloë Se…
Pieter Malan, Chris Jones
Paperback
Ferenczi's Turn in Psychoanalysis
Peter L. Rudnytsky, Antal Bokay, …
Hardcover
R2,875
Discovery Miles 28 750
Migration, Diversity, and Education…
Fred Dervin, Saija Benjamin
Hardcover
R3,582
Discovery Miles 35 820
|