|
|
Showing 1 - 2 of
2 matches in All Departments
Cecilia Nortjé se eerste omnibus!
Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses, en die eg
menslike verhoudings tussen die karakters.
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Cecilia se vorige
Romanzas, Die weddenskap, Toekomsbelofte en Net ’n stukkie papier.
Die weddenskap:
Sy’s uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy’s ryk, báie ryk. En
Sam kén rykes. Sy’t haar stel met hulle deeglik afgetrap
Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van
Koningskop. Sy’t die geld dringend nodig, maar nie Bret se
onuitstaanbare inmenging nie.
Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek.
Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van
geld, sal hy moet mooi dink. ’n Besoek aan ’n eksotiese eiland sal haar
nie oortuig nie.
Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie
sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?
Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger
Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar
ouderdomsverskil tussen hulle ’n gesamentlike toekoms onmoontlik maak.
Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet
immers wat ’n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het.
Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat
sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lę.
Maar o, daardie man wat sę hoe lief hy haar het …
Of is kennis en vertroue – en veral opregte liefde – groter as vyf
jaar?
Net ’n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik ’n vaste werk as spabestuurder by
’n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie
sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die
man wat vyf jaar gelede soos ’n groot speld verdwyn het met haar
casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande.
Nee, sy wil hom beslis nie terughę nie. Sy wil net haar geld terughę en
haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers ’n
deurtrapte skelm.
Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën – sy was immers nie die
een wat verdwyn het nie?
Haar kans op vir ewig en altyd is nou. Vyf jaar na haar egskeiding is Milan 'n bedrywige sakevrou met 'n vol lewe. Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se rna, het sewentien jaar gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou 'n gewilde trouplaas. Drie suksesvolle vroue met vervulde lewens, of so wil dit voorkom. Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds 'n houvas op elkeen. Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma, en sukkel met 'n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in 'n rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin versaak het. Die troues wat sy reel, is 'n poging om boete te doen. Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino's een vir een kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar geraak. Durf hulle 'n kans op geluk, 'n kans op vir altyd, waag?
|
You may like...
Halloween Kills
Jamie Lee Curtis, Judy Greer, …
DVD
R259
Discovery Miles 2 590
|