|
Showing 1 - 3 of
3 matches in All Departments
Hoewel Drienie Joubert geen bang haar op haar kop gehad het nie en
met haar selfstandige optrede en gedetermineerde houding gewis haar
tyd vooruit was, was sy allermins die kil amasone wat party bronne
in die geskiedenis van haar maak. Agter die strak foto’s skuil ’n
liefdevolle eggenoot, toegewyde ma, empatieke versorger en vriendin
van vele, wat met reg ’n ereplek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis
verdien. Vir die kultuurhistorikus dr. Celestine Pretorius is die
daaglikse lief en leed van mense in vergange tye ’n fassinerende
studiegebied. Sy is ’n bekende naam in kultuurhistoriese kringe en
’n gerekende skrywer van navorsingsartikels, onder meer in Tydskrif
vir Kultuurgeskiedenis. Die lewensverhaal Drienie Joubert
(1830–1916) is nie net 'n boeiende stuk geskiedenis nie, maar ook
'n interessante blik op 'n figuur wat waarskynlik as een van die
eerste Boere-feministe beskou kan word.
|
You may like...
Tenet
John David Washington, Robert Pattinson
Blu-ray disc
(1)
R52
Discovery Miles 520
This Is Why
Paramore
CD
R148
R138
Discovery Miles 1 380
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.