![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Kom hier dat ek jou soen is 'n roman oor Mona - as kind, as 24-jarige, en as 35-jarige. 'n Verhaal oor waarom ons word wie ons is, geskryf met humor en skaamtelose eerlikheid. Oor ouers en kinders. Oor stukkende mense en hoe hulle ook ander mense onbedoeld verwond. Oor waar verantwoordelikheid eindig en skuld begin. Oor geheime en eensaamheid. Oor siekte en stilbly. Oor die gevare van sterk wees. Oor vergeet en nie kan vergeet nie. Oor jouself durf red. En natuurlik ook oor die liefde. Omdat dit al is wat ons het, of byna.
Drieklawerblaar verweef die verhale van drie karakters: Kate, 'n afgetrede verpleegster, Tinneke, gastehuiseienaar en weduwee, en haar hardkoppige buurman, Abel, 'n wildboer. Op die plaas Doringboomlaagte soek Kate soek na antwoorde: hoe het haar Ierse oumagrootjie hier, in Afrika, beland? Terselfdertyd is Abel gemoeid met sy familiegeskiedenis: watter houvas het die grond waarop Doringboomlaagte nou is op sy voorsate gehad? 'n Roman oor herkoms en grond, en hoe om vrede te maak met die verlede.
Die selfmoord van haar vriendin, Mignon, laat Maggie met meer vrae as antwoorde. In 'n brief vra Mignon vir Maggie om 'n familielid in die tronk te gaan soek. Bea Mostert, 'n eks-Getuie soos Mignon, is tot dertig jaar tronkstraf gevonnis vir 'n onvergeeflike daad. Wat het hierdie twee vroue tot sulke uiterstes gedwing - en speel hul godsdiens 'n rol? Maggie se soeke na antwoorde word deel van haar eie pad na aanvaarding van haar man se dood en begrip vir haar Ierse pa se hardvogtigheid.
|
![]() ![]() You may like...
The Lie Of 1652 - A Decolonised History…
Patric Tariq Mellet
Paperback
![]()
|