|
|
Showing 1 - 9 of
9 matches in All Departments
Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike
reisstories deur 46 skrywers byeen, o.a. Marita van der Vyver, Kirby
van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen,
C. Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.
Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse,
bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervaringe verrykend.
Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog
baie ander plekke!
Corlia Fourie se debuutbundel Die Goeie Vrou En Ander Mites is ’n versameling toeganklike, pretensielose verse met ’n sterk anekdotiese inslag. Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van ’n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswêreld.
Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye wêreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.
Tussen heinings is die oorrompelende verhaal van gewone mense wat
ten spyte van alles (misdaad, egskeiding en emigrasie) dit moontlik
vind om met hulle lewens voort te gaan en dit tog regkry om die
mure van agterdog en onbegrip af te breek. Corlia Fourie weet hoe
om emosie vanagter haar karakters se skanse te laat deurglip –
effektief, ontroerend en aangrypend.
Sandra du Toit, 'n joernalis, word op die 31ste Augustus ontvoer en
in die "geheime kamer" van 'n huis by die see opgesluit. Haar
ontvoerder is Gert Cloete, 'n man wat 'n obsessie ontwikkel het met
die Mona Lisa en die Maagd Maria. Gert is 'n man met vreemde
dryfvere. Hy luister na klassieke musiek, leef in 'n superskoon
huis. Hy glo dat hy die bose wereld sal verander deur sy verering
van 'n maagdelike godin, die jong vrou wat hy ontvoer het, en haar
uiteindelike offerdood op die eerste dag van die lente.
|
You may like...
Sharkey's Son
Gillian D'achada
Paperback
(1)
R234
R209
Discovery Miles 2 090
|