|
|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
Harriët se droom is om die beste kleremaakster in die Kaap te word.
Maar haar droom lê aan skerwe toe haar dobbelverslaafde pa haar aan ’n
dobbelb aas beloof om sy skuld af te betaal.
Haar lewe verander onherroeplik toe die skatryk Jurgens Hendrikssen tot
haar redding kom met ’n vreemde huweliksaanbod.
Harriët se droom om topkleremaakster te word kry weer vlerke.
Kan sy dit waag om ook te droom dat haar liefde beantwoord sal word?
Juliëtte geniet haar werk as juffrou en sy en haar trouman, Lodewijk,
beplan om verloof te raak. Dis nou tot haar grootword-boetie, Arendt,
onverwags uit Frankryk terugkeer.
Die seun uit haar kinderdae is nou ’n aantreklike dokter. Hy wek
gevoelens in haar op wat Juliëtte nie kan verstaan of beheer nie. Sy
doen haar bes om Arendt te vermy en spandeer selfs meer tyd saam met
Lodewijk.
Maar haar hart wil nie na rede luister nie en dwing haar telkens terug
in Arendt se arms.
Karla is ’n sorgvrye en kreatiewe bakster. Regardt is ’n vlieënier en
’n perfeksionis. Tog is hulle vriende. Toe Regardt vir Karla vra om
voor te gee om sy verloofde te wees, ter wille van sy sterwende oupa,
sê sy ja.
Maar toe trou hulle regtig, want Regardt se oupa wil by die troue wees.
Met elke soen en liefkosing val Karla al hoe meer vir haar nuwe man.
Gaan sy Regardt se hart kan wen, of gaan hy haar altyd net as ’n
vriendin sien?
Toe rekenmeester Zelri Cloete se mededinger as afdelingshoof aangestel
word op grond van al Zelri se harde werk, is Zelri woedend en ontnugter.
By haar broer op sy wildreservaat, Enigma, ontmoet sy vir Phillip de
Necker, ’n aantreklike blonde veearts met die mooiste blou oë.
Phillip doen snaakse dinge aan haar. Hy maak haar woedend, laat haar
lag en vir die eer ste keer in jare voel sy spesiaal. Sy’t nie liefde
kom soek nie, maar sy kan dit ook nie ontwyk nie. Gaan die liefde die
som van haar lewe laat klop?
Haar sprokiesprins:
Belinda is oortuig dat liefde slegs vir sprokies bedoel is, nie vir doodgewone meisies soos sy nie. As haar hart net wil verstaan dat hul buurseun, Werner, iemand anders se prins is. Maar wanneer sy saam met hom is, ervaar sy 'n vreemde tintelende sensasie en woon daar skielik vlinders in haar maag.
Alles begin met n soen:
Martiné hou van bont en vrolike uitrustings terwyl Stefan vervelige grys pakke dra. Hy sê sy is 'n hippie en sy meen weer hy is vervelig en verstok. Maar wanneer hy haar soen … is verveling glad nie ter sprake nie.
Liefdesafari:
Franci von Lelieveld is 'n CA en in haar lewe is daar vir alles 'n tyd en plek. Toe die wildbewaarder Gavin Michaels haar soen, voel sy hoe sy beheer oor haar lewe verloor. Maar hulle gaan op mekaar moet staatmaak, want 'n skynhuwelik is hul voorland.
|
You may like...
Magneton
The Octagon Man
CD
R503
Discovery Miles 5 030
Meyouweyou
Rocketnumbernine
CD
R119
Discovery Miles 1 190
In a Dream
The Juan Maclean
CD
R113
Discovery Miles 1 130
Brotherhood
Chemical Brothers
CD
(1)
R230
Discovery Miles 2 300
Big Beats
Various Artists
CD
R166
Discovery Miles 1 660
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.