0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Dwars - Rare Karakters Onder Ons (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Dwars - Rare Karakters Onder Ons (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R382 Discovery Miles 3 820 Ships in 4 - 6 working days

Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestaanders, randeiers...Noem hulle wat jy wil, Suid Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer wat mense van die vroegste tye af na hulle asem laat snak of verstom agter hulle hand laat fluister het.

Hierdie rare mense het met die jare hul merk gemaak op vele terreine.

Dis hulle wat Daniël Lotter aan 'n nuwe geslag lesers bekendstel.

Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Blou Bloed - Koninklike Spore In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R432 Discovery Miles 4 320 Ships in 4 - 6 working days

Suid-Afrika se skoonheid en koloniale geskiedenis het seker gemaak dat verskeie bloubloediges deur die eeue heen sterk bande met die land ontwikkel het. Só is daar byvoorbeeld die Nederlandse prinses Irene van Lippe-Biesterfeld, met haar groot liefde vir die Karoo, wat hard baklei het teen skaliegas-ontginning deur die Nederlandse petroleummaatskappy Shell.

As godsdienstige of politieke leiers - dikwels van adellike afkoms - in die Oosterse kolonies té veel geluide begin maak het, is hulle na die Kaap verban, wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die land se slawegeskiedenis: Hiervan getuig die verhale van sjeg Joesoef en die radja van Tambora. Watter spoor het die Napoleons in Durban agtergelaat? En George Rex, stigter van Knysna, wat dan nou op 'n druppel water soos koning George III van Engeland gelyk het?

Hoe het dit gekom dat prinses Anne van Brittanje se oorkrabbetjie dwarsdeur 'n volstruis se pens gegaan het? Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević's van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie?

Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika gaan soek antwoorde op hierdie en nog baie ander vrae.

14 Maal Moord (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter 14 Maal Moord (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R355 Discovery Miles 3 550 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie opvolg op Daniël Lötter se eerste bundel moordverhale, 17 Maal Moord, wat einde 2020 verskyn het, vertel hy nog van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende ware moordverhale in sy gemaklike en dikwels humoristies styl.

Nuwe lewe word geblaas in die slagoffers sowel as oortreders wat Suid-Afrikaners destyds na hul asem laat snak en dié verhale laat verslind het.

Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Gedaantes En Gedoentes - Stories Oor Spoke, Sieners En Legendes (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R333 Discovery Miles 3 330 Ships in 4 - 6 working days

Daniël Lötter soek geeste en gedaantes op, besoek spookhuise en vertel meer oor sieners en legendes wat Suid-Afrikaners reeds jare lank laat kopkrap.

Maak kennis met die heks van Hexrivier, die seemonsters van die ou Kaap en Antjie Somers. Jacoba Marais, Japie Roux en Marie van der Post is van die minder bekende sieners, maar natuurlik bly Johanna Brandt en Siener van en Rensburg nie agterweë nie.

Waarom spook 'n skoorsoekerige goewerneur, 'n koninklike kleinseun en 'n gewetenlose moordernaar ewe vlytig as Daisy de Melker, sr. Henrietta Stockdale en lady Anne Barnard? En wat is dit met dwaalligte en spookfoto's?

17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter 17 Maal Moord (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R355 Discovery Miles 3 550 Ships in 4 - 6 working days

’n Grieselrige reis na die plekke waar van Suid-Afrika se bekendste moorde gepleeg is asook ’n hele aantal minder bekendes.

Maak kennis met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hul einde gekom het.

Die Grootpad Is 'n Grondpad - 'n Koffiekuier By Karoomense (Afrikaans, Paperback): Daniel Lotter Die Grootpad Is 'n Grondpad - 'n Koffiekuier By Karoomense (Afrikaans, Paperback)
Daniel Lotter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 4 - 6 working days

As jy die Groot- en die Klein-Karoo en hulle se stories wil kry, moet jy ’n grootpad soek wat ’n grondpad is, en daarlangs moet jy ry…

Kontreistaaltjies, moordverhale, spookstories en ander vertellings oor besonderse mense en gebeure uit die dorre streke van Suid-Afrika.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Celebrating Nature by Faith
H.Paul Santmire Hardcover R1,029 R872 Discovery Miles 8 720
Nina Hamnett
Alicia Foster Hardcover R310 Discovery Miles 3 100
Amino Acids, Peptides and Proteins…
G. C. Barrett, Don T. Elmore, … Hardcover R10,069 Discovery Miles 100 690
Infrared Absorbing Dyes
Masaru Matsuoka Hardcover R2,777 Discovery Miles 27 770
Lanthanides - Fundamentals and…
Peng Cheng Paperback R4,946 Discovery Miles 49 460
Little London Adventures and…
Clare L Newton Hardcover R836 Discovery Miles 8 360
German Art in New York - The…
Langfeld Paperback R2,210 R1,963 Discovery Miles 19 630
Chemistry in Quantitative Language…
Christopher O. Oriakhi Hardcover R2,689 Discovery Miles 26 890
Ionomers - Synthesis, structure…
M.R. Tant, K.A. Mauritz, … Hardcover R10,634 Discovery Miles 106 340
Henri Matisse - A Bio-Bibliography
Russell T. Clement Hardcover R2,458 R2,232 Discovery Miles 22 320

 

Partners