0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 1 of 1 matches in All Departments

Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback): Wannie Carstens, Edith Raidt Die Storie van Afrikaans 2 - Die Biografie van 'n Taal (Afrikaans, Paperback)
Wannie Carstens, Edith Raidt
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R958 Discovery Miles 9 580 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer is en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede – word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ’n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 is die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Handbook of Data Science with Semantic…
Archana Patel, Narayan C Debnath Hardcover R8,041 Discovery Miles 80 410
Modern Perl 4e
Chromatic Paperback R770 R697 Discovery Miles 6 970
Userid/Password Address Book
Lori Cunningham Hardcover R526 Discovery Miles 5 260
MRSA - Current Perspectives
Ad C. Fluit, Franz-Josef Schmitz Hardcover R5,266 Discovery Miles 52 660
Stability, Periodicity, and Related…
Michal Fečkan, Marius-F Danca Hardcover R1,289 R1,126 Discovery Miles 11 260
The Great Influenze - The Epic Story of…
John M. Barry Paperback  (1)
R475 R428 Discovery Miles 4 280
Edexcel GCSE (9-1) History Early…
Georgina Blair Paperback R646 Discovery Miles 6 460
Misbelief - What Makes Rational People…
Dan Ariely Paperback R350 R317 Discovery Miles 3 170
HIV and AIDS: Education, Care And…
A. Van Dyk, E. Tlou, … Paperback  (5)
R703 Discovery Miles 7 030
Design and Optimization of Sensors and…
Vinod Kumar Singh, Ratnesh Tiwari, … Hardcover R5,892 Discovery Miles 58 920

 

Partners