|
Showing 1 - 8 of
8 matches in All Departments
Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op
Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié
van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe
van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of
ruimte vir romanse.
Die lewe deel egter links en regs klappe uit, en Herman is elke keer
dáár om te help wanneer Carmi hom nodig het. Maar sal hulle kan leer om
mekaar te vertrou?
OnmoontlikeE Mansmens + Verspeelde Tyd + Pajamadril Vir Kael 3In1 Omnibus
ONMOONTLIKE MANSMENS:
Karien Kruger trou met Hugo Steyn omdat hy dan die beplande ontwikkeling van haar tuisdorp sal stopsit. Die saketransaksie beweeg egter gevaarlik na aan haar hart wanneer sy besef sy het gevoelens vir Hugo ontwikkel.
VERSPEEDLDE TYD:
Moira weier om haar matriekreunie by te woon. Deetlef het haar destyds verneder deur haar 'n week voor die matriekafskeid mee te deel dat hy eerder vir Nata soontoe sal vergesel. Nou will Deetlef opmaak...
PAJAMADRIL VIR KAEL
Jenna het lankal berus dat sy haar ongebore seun alleen sal moet grootmaak. Nou het haar oorlede man se broer, Kael Roothman, opgedaag eb hy wil surrogaatman en pa speel. Sy het nie eers van sy bestaan geweet nie.
Leandi Steyn keer terug na die Kaap om seker te maak dat haar
broerskind, Madelein, versorg is. Vanuit die staanspoor bots sy
met Madelein se voog, dokter Leon Hattingh. Volgens haar is hy ‘n
gevoellose wetenskaplike met ‘n rekenaar in plaas van ‘n hart in sy
borskas.
Wanneer Leandi per ongeluk in Leon se arms beland, vind sy uit
dat die koue wetenskaplike haar lyf aan die brand steek met sy
mond en hande. Sy stem in om met hom te trou, slegs ter wille van
Madelein, maar is vasbeslote om nie haar nuwe man se bed te deel
nie.
Maar dis nie so maklik om Leon se wetenskaplike benadering, én
sy sjarme, te weerstaan nie ...
Ben Lategan is hard en verbitterd teenoor vroue ná talle
liefdesteleurstellings. Lienke het self ook al baie seergekry in die
verlede.
Wanneer die twee mekaar ontmoet, is die aantrekkingskrag tussen hulle
egter onmiskenbaar. Ben vind haar onweerstaanbaar en sy aanrakings laat
haar ook nie koud nie – inteendeel!
Maar Lienke is lugtig. Sy is op soek na ’n betekenisvolle
liefdesverhouding wat verder strek as net die liggaamlike.
Sal beide die spoke van die verlede kan besweer om mekaar ’n kans te
gee?
As skoolkind was Carli dolverlief op haar ouer broer se vriend Rudolph
Beyers. Hoekom het sy haar dan so skaamteloos gedra toe hy by die
maskerbal vir haar matriekafskeid opgedaag het? En het hy haar agter
haar masker herken?
Rudolph het nog altyd ’n sagte plekkie vir Carli gehad, al het sy as
kind soos ’n stertjie al agter die groot seuns aangetou. Wanneer hul
paaie agt jaar later weer kruis, woon en werk Rudolph oorsee en Carli
is verloof aan Louis.
Gaan sy ter wille van haar gesin se behoud met Louis trou en haar in ’n
liefdelose huwelik begewe? Of gaan sy alles op die spel plaas vir die
hartebreker wat haar knieë al van kindsbeen af lam maak?
|
You may like...
Gloria
Sam Smith
CD
R187
R177
Discovery Miles 1 770
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.