![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 13 of 13 matches in All Departments
Multiple award-winning author Elsa Joubert's memoir about life after the death of her beloved husband. She must come to terms with the loss of independence, friends who die and the changes in her memory and bodily powers. Vivid memories of her eventful life as a celebrated writer are skilfully woven into her story. Filled with wisdom, compassion and humour, this book will leave no reader untouched.
Soon to be a major motion picture!
Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Elsa Joubert - Biografiese inligting Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind. In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika. In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004). Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.
Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wereldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.
Poppie is based in the ground-breaking 1978 novel by Elsa Joubert, Die swerfjare van Poppie Nongena, and was adapted for stage by Sandra Kotze. This story follows the trials and tribulations of Poppie, a black woman living in apartheid South Africa and her search for a better future for her children. Poppie is die storie van 'n swart vrou wat in die jare van apartheid met 'n man van die land getroud was. Soos met Joubert se reisbeskrywings, is hierdie drama 'n reis in vele opsigte - enersyds Poppie se lang swerftog op soek na standvastigheid en 'n veilige toekoms vir haar kinders, andersyds 'n reis van twee verwyderde kulture na mekaar toe, maar uiteindelik die reis na die hart van 'n medemens.
In A lion on the landing Elsa Joubert provides a window into the past of the Afrikaner people. She uses her own life story as a way of portraying the reality of living as an Afrikaner child in the first half of the twentieth century. It is the same formula that she applied in her novel, The Long Journey of Poppie Nongena, to reveal the truths of life for black people in South Africa.
Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid. Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het.
Waarom het Carlos Figueira se plantasiewerkers, sy "eie mense", in opstand gekom en in een dag alles vernietig wat hulle vir hom opgebou het? Hy het die "barbare" nie so sleg behandel nie, nie so vreeslik uitgebuit nie. Hulle het goeie kos gekry en klere op Kersdag; as sy sweep deur die lug gesny het, het hulle dadelik teruggestaan. Hy het net een van hulle doodgeslaan, maar dit was lank gelede.
At a prayer meeting on a cold Rotterdam night, the young clerk Aart Anthonij van der Lingen – a pale, sickly, hunchbacked ‘fish from the North’ – is held in the charismatic Reverend Johannes Kicherer’s thrall. Lured by Kicherer’s passion, he leaves his grey and loveless life to land at the Cape of Good Hope as a lay missionary in 1800. But when the Missionary Society draws lots to determine where to send the new arrivals, Van der Lingen is sent east and Kicherer north. The hunchback missionary must make his own way in a place that, on the surface, God has forsaken – until, as the pitiless landscape and the blank faces of his would-be congregants strip Van der Lingen incrementally of his pride, he learns that he has nothing to give to the Africa that is ultimately his salvation. Based on historical figures drawn from the Cape Town Church Archives, The Hunchback Missionary is a sweeping narrative of vanity and humility, of the sacred and the profane, of how Europe’s rampant strides across newly colonised Africa led to the abyss from which a continent still struggles, today, to retreat.
Dertien dierestories uit Afrika wonderbaarlik oorvertel deur die bekroonde Elsa Joubert. Omdat die woordgebruik so eenvoudig is en die styl so sober, is die kort verhaaltjies geskik om voorgelees te word aan heel klein kinders, om gedramatiseer te word in kleurterskole en om self gelees te word deur effe ouer kinders. Met treffende swart-wit illustrasies deur Cora Coetzee.
In Pampas reis Elvira vroeg in die vorige eeu na Argentinie, waar sy in aanraking kom met vreemde mense en 'n vreemde landskap. Die ruimte van die vlakte wat haar alkante omring, die roerende glinstering van die skuinsgewaaide gras, vul haar oe, haar kop, haar hande, haar lyf. In afsondering, haar eensaamheid ver sterk deur 'n liefdelose huwelik, word sy gekonfronteer met die grense in haarself, kom sy te staan voor die beperkinge van haar menslikheid en worstel sy met die onherroeplikheid van haar keuse. In Klooster vertrek Helena saam met drie mans op 'n soektog na 'n verlore manuskrip. Maar tussen die bonkige mure van 'n massiewe vesting en teen die hange van 'n berg wat uitstyg bo die wye woestynlandskap, onderneem sy haar eie ontdekkingstog - 'n fisieke en spirituele reis, gevoer tot 'n evokatiewe hoogtepunt.
Poppie's contented childhood ends when she marries a migrant worker and moves to the alarming world of Cape Town. No sooner has she established her roots there than the authorities want her and her children to go to the Ciskei, her husband's homeland. He, as a laborer, may stay. For ten years Poppie resists the pass laws--which lie at the heart of South Africa's legally enforced policy of racial separation, or apartheid--winning limited extensions to her permit to remain in the Cape. The day comes, however, when she is forced to "resettle" in a raw, remote township. Though this book spans the historic Sharpeville and Soweto uprisings, it is never strident. It makes its points dispassionately, becoming the unsentimentalized celebration of a tenacious spirit. The woman here called Poppie--who in real life lives in the eastern Cape area of South Africa, center of the country's black resistance movement against apartheid--went to Elsa Joubert for advice after the 1960s Cape Town riots. Several years of taped conversation yielded Poppie's story, which remains in Elsa Joubert's retelling remarkably true in tone and detail to the firsthand account. It is Poppie's voice we hear, the inflections, repetitions, and colloquialisms of her speech faithfully represented.
Die reise van Isobelle neem 'n hele eeu, van 1894 tot 1994, in oenskou. Van die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe, tot die Struggle wat uitloop op 'n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Enersyds bied die skrywer 'n panoramiese blik op groot omwentelinge, andersyds 'n intieme kyk op die persoonlike belewenisse van vier generasies van 'n blanke Afrikaanse familie in Afrika. Veral die hartstogte wat hulle dryf en sin gee aan hul bestaan. By ds. Josias van velde, hartstog vir God, by name die Verbondsgod van die Afrikaner. Daarom is die wit konsentrasiekamptentjie wat hy van dankbare Boervroue in skrynende omstandighede ontvang, vir hom so kosbaar. By sy skoondogter Angens, die hartstog vir die 'pa' wat haar weggestuur het uit Brits Oos-Afrika, en wat sy op 'n manier terugvind by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Die erotiese en die opwelling van nasionale gevoel loop vir haar hier saam. Haar dogter, Belle, vind die groot hartstog: 'n passie wat alles oorskry, maar leef haar te pletter teen wette en gesindhede wat harte skei op grond van velkleur. Belle se dogter, Leo, bevry van die houvas van volksleiers se futiele visioene, stry vir 'n regverdiger bestel, en brei so die weg vir 'n voller lewe: die derde Isobelle. Anders as in die tradisionele 'familieroman' is die hoofkarakters hier vroue, en dit is juis die vroulike perspektief wat toon hoe die politiek in persoonlike lyding gestalte kry.
|
![]() ![]() You may like...
|