|
|
Showing 1 - 2 of
2 matches in All Departments
Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van ’n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot ’n uitbundige relaas van ’n skoolkonsert.
Die woord “skryn” het verskillende betekenisse: 'n Skryn is 'n
klein kissie of houer waarin kosbaarhede soos juwele bewaar word,
en as werkwoord kan die woord dui op afskuur of -skaaf (soos wat 'n
skrynwerker doen) of op 'n pynlike wrywingsproses (vandaar die
beskrywing van 'n ervaring as “skrynend” of “skrynerig”). Alhoewel
al hierdie betekenisse geaktiveer word in Emma Bekker se
debuutdigbundel, sal die leser vergeefs soek na konvensionele
“vroulike” skatte soos juwele, klere en meubels. Reeds in die
tweede gedig is daar 'n aanduiding van wat in die res van die
bundel te wagte gaan wees: In hierdie herinnering aan 'n
ontwrigtende kinderervaring, word die dogtertjie se krytblikkie,
versier met 'n afbeelding van die Taj Mahal, 'n soort skryn word
waaraan sy kan vashou. Algaande ontvou die beweging tussen die
skrynende en die kosbare wat as gedigte bewaar word en word die
bundel self die skryn. 'n Tweede belangrike tema in die bundel is
die verkenning van 'n enigsins ongewone, onkonvensionele
vroulikheid. Al open die bundel met 'n kwatryn oor die gewone buurt
met “'n drankwinkel, 'n pawn shop en die Spar” waar die digteres
woon, word hierdie skynbaar gewone voorstedelike bestaan gou die
vertrekpunt van waar verskillende enigsins alternatiewe en
onkonvensionele vroulikhede ondersoek word. Sy maak die luike van
die binnekamer oop en ervaar tuin, veld en stad; Sy herken die
tierboskat in haar skootkat en in haarself; In die liefdespel wil
sy niemand se baby wees nie; Sy waag dit om op 'n tweede wittebrood
die jas van “onverpoosde verantwoordelikheid” uit te trek en in die
kombuis gee sy haar oor aan die sinnelike vreugde – en soms selfs
wrede – van kosmaak. Bewaring en blootstelling, kwesbaarheid en
krag, sinnelikheid en spiritualiteit word in hierdie bundel
verwoord deur 'n vaardige digteres wat sowel die tug van die
kwatryn, die liriese van kabaretagtige verse as vryer, narratiewe
verse beheers.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.