|
|
Showing 1 - 2 of
2 matches in All Departments
Bestaan daar ander werelde as ons alledaagse een? Waarheen gaan
mense wat verdwyn? Hoe veg 'n mens teen vreemde en magtige,
onbekende wesens? Hoeveel moet jy waag ter wille van vriendskap?
Dit is van die vrae waarmee Morne te doen kry wanneer sy meisie,
Imke, in 'n museum verdwyn. Middernagland vertel 'n ou-ou verhaal
vir jong lesers: die held op 'n tog om sy geliefde uit die kloue
van 'n monster in 'n kasteel te bevry. Onderweg trotseer hy gevaar
na gevaar met telkens 'n nuwe helper en moet hy sy eie karakter op
die proef stel. Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids met:
inligting oor die outeur; 'n opsomming van die verhaal;
woordverklarings van moeilike woorde; vrae oor die inhoud van die
verhaal en letterkundige aspekte; antwoorde vir die vrae; 'n
glossarium met letterkundige begrippe.
Finalis - Maskew Miller Longman 2007 Letterkundeprys. "Hy is skaars
terug in sy woonstel toe sy polsband 'n biep gee. Die eerste
boodskap! Hy weet sommer dit sal Jurg wees. Maar op die skerm
staan: Onbekende sender. Hy is sat vir advertensies wat so by hom
uitkom - maatskappye het allerhande maniere om polsbandnommers in
die hande te kry en dan die draers met boodskappe te bombardeer, al
probeer jy hulle blokkeer. Sy opgewondenheid sit om in irritasie.
Maar dis nie 'n advertensie nie: Wanneer jy in die stad kom,
waarsku vir Ying Li dat iemand op pad is om haar dood te maak." In
2084 behoort die wereld aan tieners - en die gelukkiges onder hulle
gaan stad toe. Stad, plek van groter plesier as wat jy jou kon
voorstel. En groter gevaar as wat jy kon raai. George Logan se
bestemming. "Ek het bewondering vir die vaardigheid van die skrywer
en sy vermoe om struktuur te skep. Die teks en skryfstyl vloei so
gemaklik soos water. Die jong, geslepe burgemeester van Kaapstad,
Ying Li met haar lispelende slangtong, is 'n fassinerende
karakter." Riana Scheepers, beoordelaar van die MML
Letterkundekompetisie Francois Bloemhof skryf boeke vir
volwassenes, tieners en jong lesers. Sy werk is reeds in al drie
kategoriee meermalig bekroon, maar hy glo sy soort boek word soms
onderskat: daar is steeds mense wat dink "boeke waarin daar baie
gebeur" is makliker om te skryf as ander. In 2084 the world belongs
to the teenagers and the luckiest ones go to the city. The city, a
place of great pleasure, more than you can imagine. And greater
danger than what you can envision.
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R367
R340
Discovery Miles 3 400
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.