![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 1 of 1 matches in All Departments
In ou Njassaland (vandag Malawi) loop 'n sendelingskind met groot vrae vir so 'n jong seuntjie: oor Liewe Jesus en sonde, oor die "malman" wat 'n stomp om sy nek moet dra, die Roomse paap op sy BSA-motorfiets, Gidarra en Hassan wat elkeen se daar is 'n ander God. Sommer terloops merk hy op die grootmense het Woensdagaand se biduur verskuif sodat hulle oor die saucepandraadloos na Die Du Plooys van Soetmelksvlei kan luister, asook 'n paar ander vergrype wat hy uit sy afluistery van grootmensgesprekke ondervang. Hoekom dr. Banda by hulle huis is vir ete maar dan ry sonder dat hy eet, maak ook nie juis vir hom sin nie. En wat hy veral nie verstaan nie, is dat Gidarra so bang is vir 'n birimankwe (verkleurmannetjie). Die birimankwe is dan so stadig maar so slim. Hy en sy maatjie het seker heel laaste by die ark aangekom terwyl Noag hulle maan: "Julle twee sal moet wikkel, daar kom 'n groot reen aan." Maar toe hy vir hoerskool Suide toe moet gaan en sy ouers eers oor 'n jaar weer sal sien, haal die vrees hom die nag op die trein in, en sy enigste vertroosting is sy pa se laaste gebed: "Hou u hand van bewaring oor ons kinders, en dankie dat ons weet u genade is vir hulle genoeg."
|
You may like...
Estudios de la Ocde Sobre Gobernanza…
Oecd, Caf Development Bank of Latin America
Paperback
R1,690
Discovery Miles 16 900
Management Principles - A Contemporary…
T. Botha, M. Vrba, …
Paperback
|