|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
Die verhaal van Pieter van der Smit, sy vrou Martha en hulle
kinders is nie bedoel om vinnig te lees en gou te vergeet nie. Dit
is 'n verhaal van merkwaardige mense in moeilike omstandighede; 'n
verhaal oor die voortdurende stryd om oorlewing. In 1898 verlaat
die "Rouw Ollandertjie" Pieter van der Smit Nederland om vir
Boerekinders in Transvaal te gaan skoolhou. Toe die
Anglo-Boereoorlog 'n jaar later uitbreek, sluit hy by die
Boeremagte aan. Nadat Pretoria deur die Engelse ingeneem is, word
hy na Nederland gedeporteer. Maar Afrika trek hom onweerstaanbaar
aan. In 1901 vertrek hy na die kolonie Boere wat hulle na afloop
van die Dorslandtrekke by Humpata in die suide van Angola gevestig
het. Hy trou met Martha Maria Prinsloo, die dogter van die
Dorslandtrekker Willem Prinsloo, en hulle maak elf kinders groot.
Hulle swerfpad loop deur Palanca, Que, Caconda, Sacangimba, Bihe,
Luimbale en Mombolo. Hy is agtereenvolgens onderwyser,
transportryer, boer, algemene handelaar, kaasmaker en fotograaf. In
1921 vind hy rus in 'n eensame graf onder 'n grysappelboom by
Mombolo op die vrugbare hoogland van Angola. Sy weduwee en kinders
se swerfpad loop verder deur Palanca, Chilenga, die Sandveld langs
die Kunene, Swartbooisdrif en Kamanjab - van die suide van Angola
na die noorde van Suidwes-Afrika. Eindelik vind hulle rus in Outjo,
Suidwes-Afrika. Sy dagboeke, briewe en foto's is 'n unieke bronne
van inligting oor die lewenswyse van die Boere in Angola en hulle
moeilike jare onder 'n vreemde bewind, omring deur vyandige
inboorlingstamme en die ongenaakbare natuur. Die baasverteller W.A.
de Klerk het reeds in 'n Swerwer op die sonpad van die
uitsonderlike lewe van Pieter van der Smit beskryf. Hierdie
lewensverhaal verdien om aan 'n wyer gehoor bekendgestel te word.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.