|
|
Showing 1 - 2 of
2 matches in All Departments
Elke reis het 'n storie en elke storie is 'n reis. Want wat is 'n
reis? Dis sekerlik wanneer 'n mens van A na B beweeg, 'n tog van
een plek na 'n ander. Die vraag is nou net, hoe definieer 'n mens
een plek en 'n ander plek? En hoe definieer 'n mens "beweeg"?
Konvensioneel gesproke beweeg 'n mens met die een of ander vorm van
vervoer. Van voete tot fietse tot treine tot viertrek-voertuie tot
vliegtuie. Soos jy aanskuif, gebeur dinge langs die pad. Word jy
blootgestel aan ander plekke, mense, sienswyses en gewoontes. 'n
Magdom interessanthede. Interessanthede wat 'n storie word om te
vertel. Dit verteenwoordig fisiese reise waar jy moet wyd kyk.
Minder konvensioneel kan 'n mens ook se jy beweeg aan in jou denke.
Sonder om fisiek van een plek na 'n ander te beweeg, beweeg jy in
jou ervaringsveld. In jou kennis van jouself, die lewe en die
mensdom om jou. Kortom, solank jy lewe, reis jy. Dis 'n reis in jou
kop waar jy moet skerp kyk. En dis net so 'n goeie storie om te
vertel.
Watter soort pad is ’n hartepad? Is dit bloot ’n pad van die hart?
Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ’n mengsel van
albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul
Theroux het gese “travel is glamorous only in retrospect”), maar
wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi en
betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het. Elke verhaal in hierdie
bundel is ’n reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe
nie – dit neem jou op ’n emosionele reis ook. ’n Tipe reis na
binne. Daar’s baie onthou van kleintyd se dinge, maar daar is ook
stories wat ’n lagreis word sonder om ’n grap te vertel. Dit gaan
nie soseer oor die liefde nie, maar beslis oor die liefde vir reis.
Vir ervaar en vir die raaksien van die dieper betekenis van reis.
Van jouself blootstel aan die vreemde en altyd op die uitkyk wees
vir ’n storie wat besig is om rondom jou af te speel. Want elke
reis word ’n storie om oor te vertel. Van Hangklip se hotel regdeur
Afrika tot in Mama se kombuis in Napels.
|
You may like...
Moonfall
Halle Berry, Patrick Wilson, …
DVD
(1)
R441
Discovery Miles 4 410
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R367
R340
Discovery Miles 3 400
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.