|
Showing 1 - 2 of
2 matches in All Departments
Op baie maniere is Kerneels net soos ander katte. Hy hou daarvan om
in die son te le en slaap. Hy hou daarvan om die rusbank met sy
skerp kloue te krap (hoewel hy dit nie mag doen nie) en hy hou
daarvan as Martjie hom agter sy oor krap. Kerneels spin, strek
homself uit en lek sy pels net soos ander katte. Maar daar is iets
van Kerneels wat anders is. Kerneels die geel kat is ’n lieflike
storie oor anders wees. Kerneels word deur die ander katte geterg
en hy wens hy was soos hulle. Uiteindelik leer Kerneels om homself
te aanvaar presies soos wat hy is.
In 'n woud noord van Bosrand woon 'n swerm voels soos... wel, soos
hierdie geveerde diere gewoond is om te lewe. Hulle vlieg rond, bou
hulle neste... en hulle almal fluit. Net die klein grys spreeutjie
kan nie fluit nie. Selfs die lyster kan hom nie leer om te fluit
nie. Wanneer sy boeties en sussies die nes verlaat, bly die arme
klein spreeutjie agter. Wat op aarde gaan met hom gebeur? Maar op
'n koue winternag neem die klein spreeutjie die saak in sy eie
vlerke. Hy gaan leer om te fluit...
|
You may like...
Live
Merle Haggard
CD
R131
R87
Discovery Miles 870
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.