|
|
Showing 1 - 10 of
10 matches in All Departments
Die dieretuin is in die knyp - daar hang ’n slegte reuk in die lug. Niemand borsel meer hul tande nie! Gelukkig kom Oom Alfie, die dieretuinbaas, met’n blink plan tot die redding. Hy stuur Natie Peperment Krimpvarkie, met ’n klomp tandepasta op sy rug, op ’n waaghalsige tog. Van groot slagtande tot rye lemmetjieskerp tande - Natie moet almal skoon kry! Kort voor lank beleef hy die grootste avontuur van sy lewe! ’n Skreeusnaakse storie wat kinders laat skaterlag én hulle leer hoe belangrik tande borsel is!
Almal hou baie van die duikhoendertjie en wys hom hoe om sekere
dinge te doen, maar hy leer baie stadig. Daarom vermoed niemand dat
hy 'n regte wonderdier is nie... En tog, vir almal wat weet: Elke
kind is iets baie besonders! Jeanette Randerath het as 'n
verpleegster en onderwyser gewerk voordat sy haar passie vir
kinderboeke ontdek het. Die storie begin so: Op 'n dag spoel die
see hom uit op land – 'n duikhoendertjie! Hy mag op die rob se maag
slaap. Die meeu gee vir hom kos. Die skaap sing vir hom liedjies en
die krap pas hom goed op. Lees maar self verder!
|
|