0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Inkommers (Paperback): Hans Du Plessis Inkommers (Paperback)
Hans Du Plessis
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer?

“Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit reis kan noem nie.”

Inkommers is ’n eietydse verhaal, ’n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? ’n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot ’n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf.

Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?

Ditsem, Dawid! (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Ditsem, Dawid! (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Disse flippen stukkende wereld die, my ou: Leesboek (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Disse flippen stukkende wereld die, my ou: Leesboek (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R174 R154 Discovery Miles 1 540 Save R20 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Die Opstand Van Poppie Nel (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Die Opstand Van Poppie Nel (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde is al wat vir die mens oor is

Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig.

Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel ... Nou ja.

Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.

Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.

Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.

Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?

Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.

Innie skylte van die Jirre (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Innie skylte van die Jirre (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) In Stock

Die bekende skrywer en akademikus, en direkteur van die ATKV-skryfskool aan die PUK, Hans du Plessis, ploeg sy liefde vir kennis van en jare lange navorsing oor die Afrikaans van die Griekwas kreatief terug in hierdie unieke bundel Bybelse Griekwagedigte.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bostik Glue Stick - Loose (25g)
R31 Discovery Miles 310
High Waist Leggings (Black)
R169 Discovery Miles 1 690
Raz Tech Laptop Security Chain Cable…
R299 R169 Discovery Miles 1 690
Bantex @School 13cm Kids Blunt Nose…
R16 Discovery Miles 160
World Be Gone
Erasure CD R185 R112 Discovery Miles 1 120
Elecstor 18W In-Line UPS (Black)
R999 R869 Discovery Miles 8 690
Closer To Love - How To Attract The…
Vex King Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
Farm Killings In South Africa
Nechama Brodie Paperback R335 R288 Discovery Miles 2 880
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Call The Midwife - Season 7
Jenny Agutter, Linda Bassett, … DVD  (2)
R188 Discovery Miles 1 880

 

Partners