|
|
Showing 1 - 3 of
3 matches in All Departments
Helaas is 'n bundel wat ondermeer staan in die teken van die
toenemende ouderdom en naderende dood. Talle intertekstuele
heenwysings na veral Nederlandse digters en hul werk, en die tweede
helfte van die bundel bestaan uit vertalings uit die
Middelnederlandse letterkunde, sowel van bekende, klassieke
gedigte. Heelwat humoristiese en satiriese eie gedigte (ook
liefdesverse). In hierdie bundel word daar op intellektuele wyse 'n
groot verskeidenheid onderwerpe hanteer en interessant genoeg sluit
dit juis ook emosionele sake in. Die digter besin oor sy herkoms en
sy toekoms, sy huis, sy lewe in sy gesin, maar ook oor ander
digters en skrywers, oor sensitiewe en oor intellektuele kwessies.
Die gestrooptheid en direktheid van die verse spreek die leser
aan... daar is veel in die bundel wat meevoerend en ontroerend is.
Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende
(Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap)
Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook
die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die
vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige,
taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig.
Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende
bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se
lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha
(1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan
die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy
belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het.
Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook
van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid
vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie
persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping
wat die ouderdom meebring.
Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte
belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue
draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van
Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as
selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal,
asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding.
In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan
konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale
situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding
tussen outeur en karakter in die biografie,
kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van
die narratologie en genre.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.