|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
In hierdie werk word gekonsentreer op die gemene onderliggende
beginsels van enersyds die verskillende vorme van saaklike
sekerheidsregte waar telkens sprake is van 'n bepaalde saak as
vermoensobjek waarop die skuldeiser 'n beperkte saaklike
sekerheidsreg vestig en in sommige gevalle, danksy sodanige
beperkte saaklike sekerheidsreg oor die aldus geidentifiseerde saak
van die skuldenaar, 'n preferente en versekerde aanspraak op
verhaal uit die opbrengs van daardie sekerheidsobjek het ter
voldoening van sy uitstaande skuldvordering. 'n Skuldeiser kan
andersyds ook met sy skuldenaar ooreenkom om vermoensobjekte,
anders as die objekte van saaklike regte van die skuldenaar, as
sekerheidsobjekte te identifiseer. Die vestiging van 'n saaklike
sekerheidsreg verander nie die saldo van boedelbates van die
skuldenaar waarteen sy skuldeisers verhaal kan neem nie - dit plaas
hoogstens 'n kordon om die verhaalbare waarde van die
geidentifiseerde sekerheidsobjekte ten gunste van die versekerde
preferente skuldeiser. By persoonlike sekerheidsregte word
daarteenoor verhaal geneem op bates wat aan 'n ander regsubjek as
die primere skuldenaar behoort en wat dus nie deel van die saldo
van die skuldenaar se bates vorm nie.
|
You may like...
Book Lovers
Emily Henry
Paperback
(4)
R275
R254
Discovery Miles 2 540
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.