0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Dolos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Dolos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek.

’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner.

Die agent moet dringend bereik word . . . solank Tex die aandag van Islamitiese ekstremiste kan vermy. En die kruishaar van ’n sluipskutter wat die Mecau-luitenante meedoënloos uitwis.

Sekelmaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Sekelmaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kairo, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan, die joernalis Ruby Heyns, in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.

Wanneer Ruby Heyns oornag verdwyn, moet Staatsekuriteit se Reuben Kruger al sy tegniese kennis inspan om haar spoor op te tel. Spanning en aksie uit die boonste rakke!

Donkermaan (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Donkermaan (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1991. Israel in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind. En ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.

Die kandidaat: Ruth Heyns, doktorsgraadstudent in Tel Aviv. Maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toenemende agterdog van die Lugmag-liaison, kolonel Leon Rutger...

Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez.

Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.

Bos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Bos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bloedbroers. 'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudooperasies. Carlos Veiyera, die veteraan met 'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé.

En toe is die oorlog verby. Of is dit?

Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na ‘n duister operasie … nou moordend terug?

Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag. As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van 'n lokval wat hy net nie kan afskud nie ...

Ivoor (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Ivoor (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40.

Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ‘n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ‘n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help.

Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ‘n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Computational Sustainability
Joerg Lassig, Kristian Kersting, … Hardcover R4,675 Discovery Miles 46 750
TRIZ - The Theory of Inventive Problem…
Denis Cavallucci Hardcover R4,047 Discovery Miles 40 470
Common Data Sense for Professionals - A…
Rajesh Jugulum Paperback R912 Discovery Miles 9 120
This Way to the Universe - A Journey…
Michael Dine Hardcover R583 R523 Discovery Miles 5 230
Advances in Clinical Chemistry, Volume…
Gregory S. Makowski Hardcover R4,407 Discovery Miles 44 070
Cern: How We Found The Higgs Boson
Michael Richard Krause Paperback R800 Discovery Miles 8 000
Encyclopedia of Respiratory Medicine
Sam Janes Hardcover R74,387 Discovery Miles 743 870
Design of Nanostructures for Versatile…
Alexandru Mihai Grumezescu Paperback R4,290 R3,993 Discovery Miles 39 930
Tilly Visits Outer Space
Sharon Hassfurther Hardcover R538 Discovery Miles 5 380
Nanobiotechnology for Bioremediation…
Charles Oluwaseun Adetunji, Ravindra Pratap Singh, … Paperback R4,953 Discovery Miles 49 530

 

Partners